Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Weg! Ry & Sleep
Die warmte van ’n winterkamp
’n Ware oase in die Karoo • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Môresê by Môreson • Die Wes-Kaapse kykNET-Buite-ekspo, wat jaarliks op die plaas Môreson buite Malmesbury gehou word, het ’n instelling geword waar ’n mens dikwels nuwe gesigte ontmoet.
NUUS
Kamp-kamp Kgalagadi toe • Die reguit stuk pad tussen Upington en Askham kan voel soos die laaste ding wat ’n mens nodig het wanneer jy op pad is Kgalagadi toe. Maar dit hoef nie so te wees nie.
Volg die Vis tot by die see • Jy ken die Visrivier en sy canyon wat deur die Namibwoestyn kronkel, maar Suid-Afrika se Groot-Visrivier is... wel, ’n vis van ’n heel ander kleur.
Gooi anker langs die Oranje • Dit kos net twee uur se ry om die stadsligte in die sentrale deel van die land te verruil vir Vanderkloofdam se pragtige natuurskoon.
Etiket op jou oorlandreis • Nuwe én gesoute kampeerders en oorlandreisigers kan daarby baat vind om dié klompie etiketwenke in gedagte te hou.
Pajamaperde langs die pad • Die Bergsebra- nasionale park het nie net wild om te besigtig nie, maar ook heerlike paaie wat wag om verken te word.
Hoe rooier, hoe mooier • Hy wou nog altyd ’n Jimny hê, want dis ’n voertuig wat hom dubbele genot sou verskaf, sê Paul de Kock van Moorreesburg.
’n Kort maar epiese toer • Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe het 18 dae lank – en oor 8 000 km – behoorlik geskitter vir Nolene Kotze en haar gesin. Dié Namibiërs is wel ook ’n bietjie beproef...
Oubaas se hônne... • Die enigste rede hoekom jou hondjies deesdae so knaend blaf, is omdat hulle wil gaan kamp!
Batterye bo! • Met die Omoda C9 SHS se hibriede aandrywingstelsel kan jy kies tussen die petrolenjin of batterykrag. Ons toets watter een werk die beste onder watter omstandighede.
Gawe kryger • Ons mik na die Kalahari en sleep oor 12 dae 3 000 km ver om te kyk hoe die gepantserde Nissan Navara Pro-4X Warrior hom voor ’n wa gedra.
Die kat kom weer! • Die Mbada van Tuff Cats is beskikbaar in drie variante, met die 2D Max ’n toonbeeld van die nuutste tendense.
Elektriese oorlandreise • Elektriese en hibriede voertuie raak al hoe gewilder, maar daar is steeds vrae oor hulle geskiktheid vir oorlandreise. Ons bespreek ’n klompie voor- en nadele.
Dit kook in die bos! • Met hierdie produkte kan jy jou mense behoorlik bederf met ’n feesmaal in die kampplek.
Raak warm met... aartappels! • Gebak, gebraai, gekook of gestamp – die nederige aartappel is pure winterkos en koning van die braaivuur.
BLOKRAAI-OPLOSSING
BLOKRAAI
PRETBLAD
Die einde van EV-euforie • Elektriese voertuie se borrel is besig om te bars, en die vervaardigers wat blindelings kop eerste ingespring het, gaan groot skade ly, sê Mic van Zyl.
Die kampbedryf se Airbnb • ’n Platform waar die eienaars van waens en ander kamptoerusting dit te huur kan aanbied, is presies wat die bedryf nodig het, sê Neels van Heerden.
Wilder as die willetuin • In die Kruger kry haar siel boskos – selfs op ’n blitsbesoek, sê Liryn de Jager.
Die Skotse kar van Namakwaland • Na aanleiding van die artikel oor die oorsprong van die traandruppelwa in ons Desember 2024-Januarie 2025-uitgawe het die Unisa-professor en Ry & Sleep-leser Jo-Ansie van Wyk haar eie vonds uit toeka se dae met ons gedeel.